black and white bed linen

Tieners sonder verskoning.
Nie vir algoritmes. Nie vir kultuur. Nie vir die wêreld nie.

Onbeskaamd vir Christus – reguit, eg en vol waarheid

Zero Apology Noisemaking Teens

“No filter. No fear. Just faith.”

Z.A.N.T ''n bylaag tot PUNT GESINSTRYDSKRIF

www.quillpunt.online

voorheen bekend as z-alpha nexus tieners

Wie is Z.A.N.T.

Zero Apology Noisemaking Teens

Z.A.N.T. is 'n Christelike geloofsbeweging vir tieners, wat fokus op die Weg, die Waarheid, die Lewe. Onbeskaamd vir Christus – reguit, eg en vol waarheid

Ons Missie

Ons doel is om tieners te inspireer om hul stem te gebruik en 'n verskil te maak in hul omgewings met geloof en krag in die Heilige Gees

Z.A.N.T. Zero Apology Noisemaking Teens

Geloofsverklaring

Ons is nie skaam vir die evangelie nie,
want dit is die krag van God tot redding.

Ons glo:

In Jesus Christus – die enigste Weg, Waarheid en Lewe.
Hy is nie net ’n storie of ’n opsie nie – Hy is ons alles.
Ons leef vir Hom. Ons praat oor Hom. Ons verberg Hom nie.

In die Bybel as God se onfeilbare Woord
– ons waarheid kom nie van tendense, emosies of algoritmes nie.
Ons baseer ons denke, keuses en identiteit op wat God sê.

Dat Lig sterker is as duisternis.
Ons staan teen leuens, okkultiese invloede en geestelike misleiding.
ons bron van krag is die Heilige Gees is.

In ’n lewe sonder verskoning.
Ons vra nie verskoning omdat ons glo nie.
Ons kompromitteer nie sodat mense ons sal like nie.
Ons is Zero Apology Noisemakers – onbeskaamd en onverskrokke.

Dat ons stem saak maak.
Ons praat wanneer ander stilbly.
Ons leef wanneer ander net kyk.
Ons dra Lig – nie net in stilte nie, maar in waarheid wat klink.

Ons is Z.A.N.T.
’n Generasie van geloof, nie vrees nie.
Van waarheid, nie trend nie.
Van Lig, nie likes nie.

En ons sal nie stilbly nie.